Jalāl ad-Dīn Muhammad Rūmī | |
Standbeeld van Jalāl ad-Dīn Muhammad Rūmī in Buca
| |
Gebore | 1207 Wakhsh of Balkh, Chorasmiede-ryk, Groter Iran |
---|---|
Oorlede | 17 Desember 1273 (op 65–66) Konya, Rum-sultanaat |
Plek van graf | Konya, Turkye |
Burgerskap | Persies |
Nasionaliteit | Persies |
Vakgebied | Sufi poësie, Hanafi regspraak |
Bekend vir | Sufi swaai, Muraqaba Mathnawī-ye ma'nawī, Dīwān-e Shams-e Tabrīzī, Fīhi mā fīhi |
Beïnvloed deur | Baha-ud-din Zakariya, Attār, Sanā'ī, Abu Sa'īd Abulḫayr, Ḫaraqānī, Bayazīd Bistāmī, Šamse Tabrīzī |
Invloed op | Shah Abdul Latif Bhittai, Kazi Nazrul Islam, Abdolhossein Zarrinkoob, Abdolkarim Soroush, Hossein Elahi Ghomshei, Sir Dr. Allama Muhammad Iqbal |
Jalāl ad-Dīn Muhammad Balkhi (Persies: مولانا جلال الدین محمد بلخى رومی), ook bekend as Jalāl ad-Dīn Muhammad Balkhī (جلالالدین محمد بلخى; Balch, 30 September 1207 – Konya, 17 Desember 1273) was 'n filosoof, soefi-mistikus en digter van Persiese afkoms. Rumi was 'n tydgenoot van die Sufi-mistieke Haji Bektash Veli. Rumi is een van die belangrikste figure uit die Persiese digkuns. In godsdienstige kringe staan hy ook bekend as Mawlānā/Mevlânâ (مولانا, "ons meester") of Mevlevî/Mawlawī (مولوی, "my meester"). 'n Bekende werk van Rumi is die Masnavi.
Rumi het sy skryfwerk in 1258 begin maar voordat dit voltooi is, is hy in 1273 oorlede. Die Masnavi bevat meer as 25 000 verse en word ook die 'Persiese Koran' genoem.
Rumi se onderwyser was die geheimsinnige Shams Tabrizi. Die boek Liefde ken veertig reëls deur Elif Shafak vertel die 40 reëls van Shams Tabrizi sowel as die ontmoeting tussen Shams en Rumi.